Ierse nasionale krieketspan

Ierland
Kenteken van die Ierse nasionale krieketspan
BynaamMen in Green,[1] Green Whites[2]
KonferensieKrieket Ierland (CI)
Personeel
ToetskapteinAndrew Balbirnie
EDI-kapteinPaul Stirling
T20I-kapteinPaul Stirling
AfrigterVlag van Suid-Afrika Heinrich Malan
Geskiedenis
Toetsstatus verkry2017
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1993)
Volle lid (2017)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans[5] Beste rang tot dusver
Toetsrang11de11de (15 Mei 2018)
EDI11de10de (23 April 2007)[3]
T20I11de9de (15 Mei 2013)[4]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Pakistan Pakistan op Malahide Krieketklubterrein, Dublin; 11–15 Mei 2018
Laaste toetst Vlag van Afghanistan Afghanistan op Tolerance-ovaal, Aboe Dhabi; 28 Februarie – 1 Maart 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]81/7 (12,50%)
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[7]11/0 (0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
0/3
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Stormont, Belfast; 13 Junie 2006
Laaste EDIt Vlag van Afghanistan Afghanistan op Sharjah-krieketstadion, Sharjah; 12 Maart 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]20180/103 (39,80%)
(3 gelykop, 15 onbeslis)
Vanjaar[9]20/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings3/13 (eerste in 2007)
Beste uitslagSuper 8 (in 2007)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
7 (eerste in 1994)
Beste uitslagKampioen (in 2009)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Skotland Skotland op Stormont, Belfast; 2 Augustus 2008
Laaste T20It Vlag van Pakistan Pakistan op Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale; 16 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[10]16971/89 (42,01%)
(2 gelykop, 7 onbeslis)
Vanjaar[11]125/7
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings8/9 (eerste in 2009)
Beste uitslagTweede rondte (in 2009 en 2022)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
9 (eerste in 2008)
Beste uitslagKampioen (in 2008, 2012 en 2013)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Ierse nasionale krieketspan (Engels: Ireland national cricket team; Iers-Gaelies: Foireann cruicéad náisiúnta na hÉireann), met die byname Men in Green en Green whites, is die nasionale krieketspan wat die hele Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Ierland (CI, van Engels: Cricket Ireland) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Ierland is tans (Junie 2024) elfde op die IKR-toetsranglys, elfde op die eendagranglys en elfde op die die Twintig20-wêreldranglys.[12][13][14]

Krieket is op die been gebring in Ierland in die 19de eeu en die eerste wedstryd deur ’n Ierse span is in 1855 gespeel. Ierland het in die laat 19de eeu na Kanada en die Verenigde State getoer, en hulle het soms wedstryde teen die toerspanne gehuisves. Wedywering met Skotland is gestig toe die eerste spanne in 1888 teen mekaar gespeel het.[15] Ierland se eerste eersterangse wedstryd is in 1902 gespeel.[16] Tot in die vroeë 1990’s is Ierland (net soos Skotland) amptelik verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan[17] wat as ’t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was. Ierland is in 1993 deur die IKR assosiaatstatus toegeken, maar hulle het hul eerste volle EDI in 2006 teen Engeland met die oog op die Krieketwêreldbeker 2007 gespeel; dit was Ierland se eerste suksesvolle kwalifisering. Tydens dié toernooi het Ierland verskeie noemenswaardige uitslae teen volle lede behaal, insluitende ’n gelykop teen Zimbabwe, en oorwinnings oor beide Pakistan en Bangladesj het Ierland se EDI-status ná die toernooi laat bevestig. Sedertdien het hulle al in 201 EDI-wedstryde gespeel, 80 gewen, 103 verloor, in drie gelykop en 15 onbeslis gespeel.[18] Ná verdere sukses in die kortste vorm van krieket het Ierland ook vir die IKR se T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2021, 2022 en 2024 gekwalifiseer. Ierland het in 2009 kontrakte aan hul spelers bekendgestel, dit merk dus die oorgang na ’n professionele span.

Voordat hulle toetsstatus verkry het, het Ierland ook internasionale eersterangse krieket tydens die IKR se Interkontinentale Beker gespeel, wat hulle tussen 2005 en 2013 vier keer gewen het. Voor hul sukses in die eersterangse Interkontinentale Beker en verdere oorwinnings oor volle lede tydens die Krieketwêreldbeker 2011 (Engeland) en Krieketwêreldbeker 2015 (Wes-Indië en Zimbabwe), is na Ierland as die „leidende assosiaatlid“ verwys[19] en hul voorneme bekend gemaak om teen 2020 ’n volle lid te word. Hierdie doel is in Junie 2017 bereik, toe die IKR volle status aan beide Afghanistan en Ierland toegeken het, waarvolgens albei spanne toetswedstryde mag speel. Hulle is die elfde volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR), en ná Engeland die tweede in Europa, nadat hulle – saam met Afghanistan – op 22 Junie 2017 bekroon is met toetsstatus.[16][20][21][22][23]

Die Ierse nasionale krieketspan verteenwoordig die hele Ierland en nie net een onafhanklike staat nie. Spelers uit beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland, een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk, mag vir die Ierse krieketspan opstap. Vervolgens gebruik die Ierse krieketspan nóg een van die lande se volksliedere, nóg een van hul vlae as ’n verteenwoordigende simbool; pleks daarvan gebruik die Ierse nasionale krieketspan sy eie vlag – dié van Krieket Ierland – en himne – Ireland’s Call – wat ook deur die Ierse nasionale rugbyspan gebruik word. As gevolg van die gemeensame span vir beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland word die Ierse nasionale krieketspan, net soos die soortgelyke Ierse nasionale hokkiespan en die Ierse nasionale rugbyspan, as ’n belangrike simbool vir vrede en samewerking op die polities verdeelde eiland Ierland beskou. In internasionale krieket is daar net twee ander spanne wat meer as een krieketland verteenwoordig, hulle is Engeland – vir beide Engeland en Wallis – en Wes-Indië vir verskeie eilandstate van die Karibiese gebied.

  1. (en) "Ireland's Test Debut: A New Start For The Men In Green". lastwordsonsports.com. 10 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2022. Besoek op 25 Maart 2022.
  2. (en) "England Vs Ireland: Green And Whites Gear Up For Landmark Lord's Test Against Reigning World Champions". Outlook India. 23 Julie 2019. Besoek op 17 Junie 2024.
  3. (en) "Ireland 10th in ODI rankings". Dawn. 23 April 2007. Besoek op 17 Junie 2024.
  4. (en) "Ireland move to 9th in ICC T20I rankings". Krieket Ierland. 15 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2023. Besoek op 16 Maart 2023.
  5. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  6. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  11. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  12. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 17 Junie 2024.
  13. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 17 Junie 2024.
  14. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 17 Junie 2024.
  15. (en) "Ireland and Scotland lock horns with one eye on the ICC Cricket World Cup 2015". Krieket Ierland. 7 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  16. 16,0 16,1 (en) "Ireland and Afghanistan awarded test cricket status". The Telegraph. 22 Junie 2017. Besoek op 17 Junie 2024.
  17. (en) Wisden Cricketers' Almanack (128 uitg.). John Wisden & Co Ltd. 1991. pp. 293, 1321. ISBN 0-947766-16-2.
  18. (en) "Records / One-Day Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2024.
  19. (en) Martin Williamson (17 Oktober 2008). "Zimbabwe should avoid another banana skin". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2024.
  20. (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 17 Junie 2024.
  21. (en) "Ireland awarded Test status after 10-year quest". Raidió Teilifís Éireann. 22 Junie 2017. Besoek op 17 Junie 2024.
  22. (en) "Afghanistan, Ireland get Test status". ESPNcricinfo. 22 Junie 2017. Besoek op 17 Junie 2024.
  23. (en) "Ireland & Afghanistan awarded Test status by International Cricket Council". BBC. 22 Junie 2017. Besoek op 17 Junie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne